E Kitea ana ki hea te Whakaaronui?
1 "He rua hoki tō te hiriwa e puta mai ai,
he wāhi anō tō te kōura e whakarewaina ai.
2 He mea tango mai te rino nō roto i te whenua;
nō te kāmaka te parāhi, he mea whakarewa.
3 E whakatakotoria ana e te tangata he mutunga mai mō te pōuri,
e rapua ana e ia ki te tino tutukitanga atu ngā kōhatu o te pōuri,
o te ātārangi o te mate.
4 E pākaruhia mai ana e ia he rua i kō ake o ngā nohoanga tāngata;
kua wareware rātou i te waewae e haere ana;
he tawhiti i te tangata tō rātou tārenga, e piu atu ana, e piu ana mai.
5 Ko te whenua, e puta mai ana he taro i roto i a ia:
ā, e hurihia ake ana a raro iho ānō he ahi.
6 Hei wāhi mō ngā hāpira ōna kōhatu,
he puehu kōura anō tōna.
7 "He ara tēnā kāhore i mōhiotia e te manu,
kīanō i kitea e te kanohi o te whatura.
8 Kāhore ngā kīrehe whakahī kia takahi i taua ara,
kāhore hoki a reira kia haerea e te raiona tutū.
9 "E pā atu ana tōna ringa ki te kiripaka;
hurihia ake e ia ngā take o ngā maunga.
10 E tapahia ana e ia he awa i roto i ngā kāmaka,
ā, e kite ana tōna kanohi i ngā mea utu nui katoa.
11 E herea ana e ia ngā awa kei māturuturu;
e whakaputa mai ana hoki i ngā mea ngaro ki te mārama.
12 "E kitea ia ki hea te whakaaro nui,
kei hea hoki te wāhi o te mōhio?
13 E kore te tangata e mōhio ki tōna utu,
e kore anō taua hanga e kitea ki te whenua o te ora.
14 E kī ake ana te rire, ‘Kāhore i ahau,’
e kī mai ana hoki te moana, ‘Kāhore i ahau.’
15 E kore e hokona ki te kōura,
e kore anō hoki e taea te pāuna te hiriwa hei utu mōna.
16 E kore e taea te whakarite ki te kōura o Ōpira,
ki te onika utu nui, ki te hāpira.
17 E kore e rite te kōura, te kōhatu pīata ki a ia;
e kore e hokona ki ngā oko kōura parakore.
18 E kore e whakahuatia te kaoa, ngā peara rānei;
hira ake hoki te utu o te whakaaro nui i tō te rupi.
19 E kore te tōpaha o Etiopia e rite ki a ia,
e kore e tau te kōura parakore hei utu.
20 "Ka haere mai rā i hea te whakaaro nui?
Kei hea te wāhi o te mātau?
21 He mea huna atu nā hoki i ngā kanohi o ngā mea ora katoa,
ngaro rawa i ngā manu o te rangi.
22 E kī ake ana te whakangaromanga rāua ko te mate,
‘I hakiri ō māua taringa ki tōna rongo.’
23 "E mōhio ana te Atua ki tōna ara,
kua kite anō ia i tōna wāhi.
24 E titiro ana hoki ia ki ngā pito o te whenua,
e kite ana ia i ngā mea i raro i te rangi, ā puta noa.
25 E mea ana i te whakataimaha mō te hau;
āe, e mēhua ana ia i ngā wai ki te mēhua.
26 I a ia e whakatakoto ana i te tikanga mō te ua,
i te huarahi mō te uira o te whatitiri,
27 ka kitea e ia i reira, ā, whakapuakina mai ana;
i whakaūkia e ia, ā, āta rapua ana e ia.
28 Ā, ka mea ia ki te tangata,
‘Nā, ko te wehi ki te Ariki, ko te whakaaro nui tēnā;
ā, ko te mawehe atu i te kino, koia te mātauranga.’ "
Die mens kan verborge skatte aan die aarde ontworstel.
1 WANT vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
4 Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
5 Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
Maar wysheid kan nêrens gevind en met geen skatte gekoop word nie.
12 MAAR die wysheid — waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
Wysheid is by God alleen bekend, terwyl Hy vir die mens, as sy wysheid, beskik het die vrees van die Here en die vrees vir die kwaad.
20 DIE wysheid dan — waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
24 Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
26 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.