1 Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
4 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
6 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
1 大卫的儿子以色列王所罗门的箴言:
2 要使人晓得智慧和教训, 了解充满哲理的言语;
3 使人领受明慧的教训, 就是公义、公正和正直;
4 使愚蒙人变成精明, 使少年人获得知识和明辨的能力;
5 使智慧人听了, 可以增长学问, 使聪明人听了, 可以获得智谋;
6 使人明白箴言和譬喻, 懂得智慧人的言词和他们的隐语。
7 敬畏耶和华是知识的开端, 但愚妄人藐视智慧和教训。