10 En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween;
11 en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.
12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee --
13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie -- het Eli gedink dat sy dronk was.
14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.
15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
16 Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.
17 En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.
18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.
19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Âlkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.
20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
10 她心里愁苦, 就向耶和华祷告, 流泪痛哭,
11 并且许愿, 说: "万军之耶和华啊, 你若是看顾使女的困苦, 记念我, 不忘记你的使女, 赐给使女一个儿子, 我就必把他一生献给耶和华, 不剃他的头。"
12 哈拿向耶和华祷告了很久, 以利一直在注视她的嘴。
13 原来哈拿是在心中诉说, 只见她的嘴唇在动, 却听不见她的声音, 因此以利以为她是个喝醉了的女人。
14 以利就对她说: "你要醉到几时呢?快快醒过来吧! "
15 哈拿回答: "我主啊, 不是的。我是个心灵愁苦的妇人, 淡酒烈酒都没有喝, 只不过在耶和华面前倾吐我的心意。
16 不要把你的使女看作不检点的女子, 我因为极度愁苦和激动, 才一直倾诉到现在。"
17 以利回答: "平平安安回去吧! 愿以色列的 神把你所求的赐给你。"
18 哈拿说: "愿你的婢女在你眼前蒙恩! "于是这妇人回去, 并且吃饭, 脸上再没有愁容。
19 第二天, 他们清早起来, 在耶和华面前敬拜, 然后回到他们的家乡拉玛, 回到自己的家里去。以利加拿和妻子哈拿同房; 耶和华顾念哈拿,
20 她就怀孕; 时候到了, 就生了一个儿子, 哈拿给他起名叫撒母耳, 因为她说: "他是我从耶和华那里求来的。"