Ao mestre de canto. Salmo de Davi, servo do Senhor, o qual dirigiu ao Senhor as palavras deste cântico, no dia em que o Senhor o livrou de todos os seus inimigos e das mãos de Saul. Ele disse:
1 Eu te amarei, ó Senhor,
fortaleza minha.
2 O Senhor é o meu rochedo,
e o meu lugar forte,
e o meu libertador;
o meu Deus, a minha fortaleza,
em quem confio;
o meu escudo,
a força da minha salvação,
e o meu alto refúgio.
3 Invocarei o nome do Senhor,
que é digno de louvor,
e ficarei livre dos meus inimigos.
4 Tristezas de morte me cercaram,
e torrentes de impiedade
me assombraram.
5 Tristezas do inferno me cingiram,
laços de morte
me surpreenderam.
6 Na angústia invoquei
ao Senhor,
e clamei ao meu Deus;
desde o seu templo ouviu
a minha voz,
aos seus ouvidos chegou o meu clamor
perante a sua face.
7 Então a terra se abalou e tremeu;
e os fundamentos dos montes
também se moveram e se abalaram,
porquanto se indignou.
8 Das suas narinas subiu fumaça,
e da sua boca saiu fogo
que consumia;
carvões se acenderam dele.
9 Abaixou os céus, e desceu,
e a escuridão estava
debaixo de seus pés.
10 E montou num querubim, e voou;
sim, voou sobre as asas
do vento.
11 Fez das trevas
o seu lugar oculto;
o pavilhão que o cercava
era a escuridão das águas
e as nuvens dos céus.
12 Ao resplendor da sua presença
as nuvens se espalharam,
e a saraiva e as brasas de fogo.
13 E o Senhor trovejou nos céus;
o Altíssimo levantou a sua voz;
e houve saraiva e brasas de fogo.
14 Mandou as suas setas,
e as espalhou;
multiplicou raios,
e os desbaratou.
15 Então foram vistas
as profundezas das águas,
e foram descobertos
os fundamentos do mundo,
pela tua repreensão, Senhor,
ao sopro das tuas narinas.
16 Enviou desde o alto,
e me tomou;
tirou-me das muitas águas.
17 Livrou-me do meu inimigo forte
e dos que me odiavam,
pois eram mais poderosos do que eu.
18 Surpreenderam-me no dia
da minha calamidade;
mas o Senhor foi
o meu amparo.
19 Trouxe-me
para um lugar espaçoso;
livrou-me,
porque tinha prazer em mim.
20 Recompensou-me o Senhor
conforme a minha justiça,
retribuiu-me conforme a pureza
das minhas mãos.
21 Porque guardei os caminhos
do Senhor,
e não me apartei impiamente
do meu Deus.
22 Porque todos os seus juízos
estavam diante de mim,
e não rejeitei os seus estatutos.
23 Também fui sincero perante ele,
e me guardei da minha iniquidade.
24 Assim que retribuiu-me o Senhor
conforme a minha justiça,
conforme a pureza
de minhas mãos
perante os seus olhos.
25 Com o benigno
te mostrarás benigno;
e com o homem sincero
te mostrarás sincero;
26 Com o puro te mostrarás puro;
e com o perverso
te mostrarás indomável.
27 Porque tu livrarás o povo aflito,
e abaterás
os olhos altivos.
28 Porque tu acenderás
a minha candeia;
o Senhor meu Deus
iluminará as minhas trevas.
29 Porque contigo entrei
pelo meio de uma tropa,
com o meu Deus saltei uma muralha.
30 O caminho de Deus é perfeito;
a palavra do Senhor
é provada;
é um escudo para todos
os que nele confiam.
31 Porque quem é Deus
senão o Senhor?
E quem é rochedo
senão o nosso Deus?
32 Deus é o que me cinge de força
e aperfeiçoa o meu caminho.
33 Faz os meus pés
como os das cervas,
e põe-me nas minhas alturas.
34 Ensina as minhas mãos
para a guerra,
de sorte que os meus braços
quebraram um arco de cobre.
35 Também me deste
o escudo da tua salvação;
a tua mão direita me susteve,
e a tua mansidão
me engrandeceu.
36 Alargaste os meus passos
debaixo de mim,
de maneira que os meus pés
não vacilaram.
37 Persegui os meus inimigos,
e os alcancei;
não voltei senão depois
de os ter consumido.
38 Atravessei-os de sorte
que não se puderam levantar;
caíram debaixo dos meus pés.
39 Pois me cingiste de força
para a peleja;
fizeste abater debaixo de mim
aqueles que contra mim
se levantaram.
40 Deste-me também o pescoço
dos meus inimigos
para que eu pudesse destruir
os que me odeiam.
41 Clamaram, mas não houve
quem os livrasse;
até ao Senhor,
mas ele não lhes respondeu.
42 Então os esmiucei
como o pó diante do vento;
deitei-os fora
como a lama das ruas.
43 Livraste-me das contendas
do povo,
e me fizeste cabeça dos gentios;
um povo que não conheci
me servirá.
44 Em ouvindo a minha voz,
me obedecerão;
os estranhos se mostram
submissos a mim.
45 Os estranhos descairão,
e terão medo
nos seus esconderijos.
46 O Senhor vive;
e bendito seja o meu rochedo,
e exaltado seja o Deus
da minha salvação.
47 É Deus que me vinga
inteiramente,
e sujeita os povos debaixo de mim;
48 O que me livra
de meus inimigos;
sim, tu me exaltas sobre os que
se levantam contra mim,
tu me livras
do homem violento.
49 Assim que, ó Senhor,
te louvarei entre os gentios,
e cantarei louvores ao teu nome,
50 Pois engrandece a salvação
do seu rei,
e usa de benignidade
com o seu ungido,
com Davi, e com a sua semente
para sempre.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here, wat die woorde van hierdie lied tot die Here gespreek het op die dag toe die Here hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte.
3 Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
4 Ek roep die Here aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.
5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.
7 Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.
12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
14 En die Here het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.
16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o Here, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.
18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die Here was my steun.
20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
21 Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.
22 Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
25 So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,
27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
29 Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar.
30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.
31 Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
32 Want wie is God buiten die Here, en wie is 'n rots behalwe onse God?
33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.
36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.
42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.
44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
47 Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;
49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.
50 Daarom wil ek U loof, o Here, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.
51 Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.