Ao mestre de canto, segundo a melodia "Os lírios". De Davi
1 Livra-me, ó Deus,
pois as águas entraram
até à minha alma.
2 Atolei-me em profundo lamaçal,
onde se
não pode estar em pé;
entrei na profundeza das águas,
onde a corrente
me leva.
3 Estou cansado de clamar;
a minha garganta se secou;
os meus olhos desfalecem
esperando o meu Deus.
4 Aqueles que me odeiam
sem causa são mais do que os cabelos da minha cabeça;
aqueles que
procuram destruir-me,
sendo injustamente
meus inimigos,
são poderosos;
então restituí
o que
não furtei.
5 Tu, ó Deus, bem conheces a minha estultice;
e os meus pecados
não te são
encobertos.
6 Não sejam envergonhados por minha causa aqueles que esperam em ti,
ó Senhor,
Deus dos Exércitos;
não sejam confundidos
por minha causa
aqueles que te buscam,
ó Deus
de Israel.
7 Porque por amor de ti tenho suportado afrontas;
a confusão
cobriu o meu
rosto.
8 Tenho-me tornado um estranho para com meus irmãos,
e um desconhecido
para com os filhos
de minha mãe.
9 Pois o zelo da tua casa me devorou,
e as afrontas
dos que te afrontam caíram
sobre mim.
10 Quando chorei,
e castiguei com jejum a minha alma,
isto se me tornou em afrontas.
11 Pus por vestido um saco,
e me fiz um provérbio
para eles.
12 Aqueles que se assentam à porta falam contra mim;
e fui o
cântico dos
bebedores de bebida
forte.
13 Eu, porém, faço a minha oração a ti,
Senhor,
num tempo aceitável;
ó Deus,
ouve-me segundo a grandeza da tua misericórdia,
segundo a verdade da tua salvação.
14 Tira-me do lamaçal, e não me deixes atolar;
seja eu livre
dos que me odeiam,
e das profundezas
das águas.
15 Não me leve a corrente das águas,
e não me absorva
ao profundo,
nem o poço
feche a
sua boca
sobre mim.
16 Ouve-me, Senhor,
pois boa é a tua misericórdia.
Olha para mim
segundo a tua
muitíssima piedade.
17 E não escondas o teu rosto
do teu servo,
porque estou angustiado;
ouve-me depressa.
18 Aproxima-te da minha alma, e resgata-a;
livra-me por
causa dos meus
inimigos.
19 Bem tens conhecido a minha afronta,
e a minha vergonha, e a minha confusão;
diante de ti estão
todos os meus adversários.
20 Afrontas me quebrantaram o coração, e estou fraquíssimo;
esperei por alguém
que tivesse compaixão,
mas não
houve nenhum;
e por consoladores,
mas não os achei.
21 Deram-me fel por mantimento,
e na minha sede me
deram a beber vinagre.
22 Torne-se-lhes a sua mesa diante deles em laço,
e a prosperidade
em armadilha.
23 Escureçam-se-lhes os seus olhos,
para que não vejam,
e faze com
que os seus lombos tremam constantemente.
24 Derrama sobre eles a tua indignação,
e prenda-os o ardor
da tua ira.
25 Fique desolado o seu palácio;
e não haja
quem habite nas suas tendas.
26 Pois perseguem àquele a quem feriste,
e conversam
sobre a dor daqueles a
quem chagaste.
27 Acrescenta iniquidade à iniquidade deles,
e não
entrem na tua
justiça.
28 Sejam riscados do livro dos vivos,
e não sejam
inscritos com os
justos.
29 Eu, porém, sou pobre e estou triste;
ponha-me a tua salvação,
ó Deus,
num alto retiro.
30 Louvarei o nome de Deus com um cântico,
e engrandecê-lo-ei
com ação
de graças.
31 Isto será mais agradável
ao Senhor do que boi,
ou bezerro que tem chifres
e unhas.
32 Os mansos verão isto, e se agradarão;
o vosso coração
viverá,
pois que buscais
a Deus.
33 Porque o Senhor ouve os necessitados,
e não despreza
os seus cativos.
34 Louvem-no os céus e a terra,
os mares
e tudo quanto neles se move.
35 Porque Deus salvará a Sião, e edificará as cidades de Judá;
para que habitem
ali e a
possuam.
36 E herdá-la-á a semente de seus servos,
e os
que amam o seu
nome habitarão nela.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Lelies." 'n Psalm van Dawid.
2 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
6 o God, Ú weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, Here van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
8 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
9 Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.
10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
12 Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.
13 Die wat in die poort sit, praat van my — ook die spotlied van die wat sterk drank drink.
14 Maar ek — my gebed is tot U, o Here: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
15 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.
16 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
17 Verhoor my, o Here, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
18 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
19 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.
20 Ú ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
21 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
23 Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik.
24 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.
25 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.
26 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.
27 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
28 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.
29 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
31 Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;
32 en dit sal die Here welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
33 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
34 Want die Here luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
35 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
36 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
37 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.