1 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,

2 sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.

3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.

4 In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.

7 En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

8 Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.

9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.

1 人在地上开始增多, 又生养女儿的时候,

2 神的众子看见人的女子美丽, 就随意挑选, 娶作妻子。

3 耶和华说: "人既然是属肉体的, 我的灵就不永远住在他里面, 但他的日子还有一百二十年。"

4 在那些日子, 有巨人在地上; 神的儿子和人的女子结合, 就生了上古英武有名的人物。

5 耶和华看见人在地上的罪恶很大, 终日心里思念的, 尽都是邪恶的。

6 于是, 耶和华后悔造人在地上, 心中忧伤。

7 耶和华说: "我要把我创造的人, 从地上消灭; 无论是人或牲畜, 是昆虫或是天空的飞鸟, 我都要消灭, 因为我后悔造了他们。"

8 只有挪亚在耶和华眼前蒙恩。

9 以下是挪亚的后代。挪亚是个义人, 是当时一个完全人。挪亚和 神同行。