1 oHere, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
2 In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!
3 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die Here.
4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes!
5 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders — hy blaas op hulle.
6 Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
7 Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tong is moeite en onreg.
8 Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
9 Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
10 en verbryseld sink dié terneer, en die ongelukkiges val in sy mag.
11 Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.
12 Staan op, Here! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!
13 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?
14 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.
15 Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!
16 Die Here is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.
17 Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
18 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
1 耶和华啊!你为甚么远远地站着?在患难的时候,你为甚么隐藏起来呢?
2 恶人骄横地追逼困苦人,
愿恶人陷入自己所设的阴谋中。
3 恶人夸耀心中的欲望,
他称赞贪财的人,却藐视耶和华"他称赞贪财的人,却藐视耶和华"或译:"贪财的人谤渎耶和华,并藐视他"。
4 恶人面带骄傲,说:"耶和华必不追究!"
在他的一切思想中,都没有 神。
5 他的道路时常稳妥,
你的判断高超,他却不放在眼内;
他对所有的仇敌都嗤之以鼻。
6 他心里说:"我必永不摇动,
我决不会遭遇灾难。"
7 他口里充满咒诅、诡诈和欺压的话,
舌头底下尽是毒害与奸恶。
8 他在村庄里埋伏等候,
在隐密处杀害无辜的人,
他的眼睛暗地里窥探不幸的人。
9 他在隐密处埋伏,像狮子埋伏在丛林中;
他埋伏要掳走困苦人,
他把困苦人拉入自己的网中,掳走了他们。
10 他击打,他屈身蹲伏,
不幸的人就倒在他的爪下。
11 他心里说:" 神已经忘记了,
他已经掩面,永远不看。"
12 耶和华啊!求你起来;
神啊!求你举起手来,
不要忘记困苦的人。
13 恶人为甚么藐视 神,
心里说:"你必不追究"呢?
14 其实你已经看见了,
忧患与愁苦你都已经看到,并且放在自己的手中;
不幸的人把自己交托你;
你是帮助孤儿的。
15 愿你打断恶人和坏人的膀臂,
愿你追究他们的恶行,直到清清楚楚。
16 耶和华作王直到永永远远,
列国都从他的地上灭亡。
17 耶和华啊!困苦人的心愿你已经听见,
你必坚固他们的心,也必留心听他们的呼求;
18 好为孤儿和受欺压的人伸冤,
使地上的人不再施行恐吓。