1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
7 Hulle val aan, lê en loer — hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
8 Ondanks hul ongeregtigheid — sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
9 Ú het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
11 Deur God sal ek die woord prys; deur die Here sal ek die woord prys.
12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
14 want U het my siel gered van die dood — ja, my voete van struikeling — om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.
大卫的金诗,交给诗班长,调用"远方无声鸽",是大卫在迦特被非利士人捉住时作的。 1 神啊!求你恩待我,因为人要践踏我;
他们终日攻击我,迫害我。
2 我的仇敌终日践踏我,
攻击我的人很多。
3 至高者"至高者"原文放在第2节末,在那里或译:"因逞骄傲攻击我的人很多"啊!我惧怕的时候,
就要倚靠你。
4 靠着 神,我要赞美他的话;
我倚靠 神,就必不惧怕,
人能把我怎么样呢?
5 他们终日歪曲我的话,
常常设计谋陷害我。
6 他们聚集在一起,埋伏着,
窥探我的脚踪,
等候要害我的性命。
7 愿他们因罪孽的缘故不能逃脱;
神啊!愿你在怒中使这些人败落。
8 我多次流离,你都数算;
你把我的眼泪装在你的皮袋里。
这不都记在你的册子上吗?
9 我呼求你的时候,
我的仇敌就都转身退后;
因此我知道 神是帮助我的。
10 靠着 神,我要赞美他的话;
靠着耶和华,我要赞美他的话。
11 我倚靠 神,就必不惧怕,
人能把我怎么样呢?
12 神啊!我要偿还我向你所许的愿,
我要把感谢祭献给你。
13 因为你救了我的性命脱离死亡;
你不是救了我的脚不跌倒,
使我在生命的光中,行在 神你的面前吗?