1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
Here, U deurgrond en ken my.
2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
4 Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, Here, U ken dit geheel en al.
5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
13 Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
21 Here, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!
23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!
大卫的诗,交给诗班长。 1 耶和华啊!你鉴察了我,
你认识我。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 我坐下,我起来,你都知道;
你在远处就明白我的意念。
3 我行路,我躺卧,你都细察;
我的一切行为,你都熟悉。
4 耶和华啊!我的舌头还没有发言,
你已经完全知道了。
5 你在我前后围绕着我,
你的手按在我身上。
6 这样的知识奇妙,是我不能理解的;
高超,是我不能达到的。
7 我到哪里去躲避你的灵?
我往哪里去逃避你的面呢?
8 如果我升到天上,你在那里;
如果我在阴间下榻,你也在那里。
9 如果我展开清晨的翅膀,
飞到海的极处居住,
10 就是在那里,你的手仍必引导我,
你的右手也必扶持我。
11 如果我说:"愿黑暗遮盖我,
愿我周围的亮光变成黑夜。"
12 但对你来说,黑暗也不算是黑暗,
黑夜必如同白昼一样发亮,
黑暗和光明,在你看来都是一样的。
13 我的脏腑是你所造的,
在我母腹中你塑造了我。
14 我要称谢你,因为我的受造奇妙可畏;
你的作为奇妙,
这是我深深知道的。
15 我在隐密处被造,
在地的深处被塑造,
那时,我的形体不能向你隐藏。
16 我未成形的身体,你的眼睛早已看见;
为我所定的日子,我还未度过一日,
都完全记在你的册上了。
17 神啊!你的意念对我多么珍贵"珍贵"或译:"深奥",
数目何等众多。
18 如果我数点,它们比海沙更多;
我睡醒的时候,仍然与你同在。
19 神啊!甚愿你杀戮恶人;
你们流人血的啊,离开我去吧!
20 他们恶意说话顶撞你,
你的仇敌妄称你的名。
21 耶和华啊!恨恶你的,我怎能不恨恶他们呢?
起来攻击你的,我怎能不厌恶他们呢?
22 我极度恨恶他们,
把他们视为我的仇敌。
23 神啊!求你鉴察我,知道我的心思;
试验我,知道我的意念。
24 看看我里面有甚么恶行没有,
引导我走永恒的道路。