Publicidade

Salmos 29

CNVS
'n Onweerspsalm.

1 'n PSALM van Dawid.

Gee aan die Here, o hemelinge, gee aan die Here eer en sterkte!

2 Gee aan die Here die eer van sy Naam; aanbid die Here in heilige sieraad!

3 Die stem van die Here is op die waters, die God van eer donder; die Here is op die groot waters.

4 Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.

5 Die stem van die Here breek seders; ja, die Here verbreek die seders van die Líbanon;

6 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.

7 Die stem van die Here slaan daar vuurvlamme uit.

8 Die stem van die Here laat die woestyn bewe; die Here laat die woestyn van Kades bewe.

9 Die stem van die Here laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis elkeen: Heerlikheid!

10 Die Here het gesit oor die Watervloed; ja, die Here sit as Koning tot in ewigheid.

11 Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met vrede.

1  

耀本节在《马索拉文本》包括细字标题

2 耀

"要以圣洁的装束敬拜耶和华"或译:"在耶和华显现的时候,要敬拜他",或"要在耶和华圣洁的光辉中敬拜他"

3

耀的 

4

5

6 使

使西

7

8

9 鹿

使

殿"耀"

10

11

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-