Hoop op God!
1 DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
2 Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?
3 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
4 dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!
5 Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!
祈求 神带领回国
1 神啊!求你为我伸冤,
为我的案件向不敬虔的国申辩;
求你救我脱离诡诈和不义的人;
2 因为你是赐我力量的 神。
你为甚么弃绝我呢?
我为甚么因仇敌的压迫徘徊悲哀呢?
3 求你发出你的亮光和真理,好引导我,
带我到你的圣山,
到你的居所。
4 我就走到 神的祭坛前,
到 神、我极大的喜乐那里。
神啊!我的 神啊!
我要弹琴称赞你。
5 我的心哪!你为甚么沮丧呢?
为甚么在我里面不安呢?
应当等候 神;
因为我还要称赞他,
他是我面前的救助、我的 神。