Publicidade

Salmos 53

CNVS
Goddeloosheid van die mens.

1 VIR die musiekleier; op die wysie van: Máhalat." 'n Onderwysing van Dawid.

2 Die dwaas in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.

3 God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.

4 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.

5 Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie.

6 Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.

7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

14

""1 "有 "

2  

求 

3

4

告 

5

为 

为 

6

" 神给他子民带来复兴的时候"或译:" 神把他被掳的子民带回来的时候"

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-