Die Regter kom!
1 SING tot eer van die Here 'n nuwe lied; sing voor die Here, o ganse aarde!
2 Sing tot eer van die Here, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
3 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
4 Want die Here is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.
5 Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak.
6 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.
7 Gee aan die Here, o geslagte van die volke, gee aan die Here eer en sterkte.
8 Gee aan die Here die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.
9 Aanbid die Here in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
10 Sê onder die volke: Die Here is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
11 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
12 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel
13 voor die aangesig van die Here; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
当敬拜审判全地的 神(代上16:23~33)
1 你们要向耶和华唱新歌,
全地都要向耶和华歌唱。
2 要向耶和华歌唱,称颂他的名,
天天传扬他的救恩。
3 要在列国中述说他的荣耀。
在万民中述说他奇妙的作为。
4 因为耶和华是伟大的,该受极大的赞美,
他当受敬畏,过于众神之上。
5 因为万民的神都是虚空的偶像,
但耶和华创造了诸天。
6 尊荣和威严在他面前,
能力和华美在他圣所之中。
7 列国的万族啊!你们要归给耶和华,
要把荣耀和能力归给耶和华。
8 要把耶和华的名当得的荣耀归给他,
带着礼物进入他的院子。
9 要以圣洁的装束敬拜耶和华"要以圣洁的装束敬拜耶和华"或译:"在耶和华显现的时候,要敬拜他",或"要在耶和华圣洁的光辉中敬拜他",
全地都要在他面前战栗。
10 你们要在万国中宣告:"耶和华作王!"
世界就坚定,必不动摇;
他必按着公正审判万民。
11 愿天欢喜,愿地快乐;
愿海和海中充满的,都翻腾响闹;
12 愿田野和其中的一切都欢乐,
那时林中的一切树木都必欢呼。
13 它们都要在耶和华面前欢呼,因为他来了;
他来要审判全地。
他要按着公义审判世界,
凭着他的信实审判万民。