1 'n PSALM van Asaf.
o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.
2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
3 Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.
4 Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
5 Hoe lank, Here, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?
6 Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.
7 Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.
8 Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak.
9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
10 Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte.
11 Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm.
12 En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het.
13 En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel.
亚萨的诗。 1 神啊!外族人侵入你的产业,
污秽了你的圣殿,
使耶路撒冷成为废墟。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 他们把你仆人的尸首,
给空中的飞鸟啄食;
把你圣民的肉,
给地上的野兽吞噬。
3 他们在耶路撒冷的周围把圣民的血像水一般倒出,
没有人埋葬他们。
4 我们成为邻国羞辱的对象,
成为四周的人嗤笑和讥刺的目标。
5 耶和华啊!要到几时呢?
你要永远怀怒吗?
你的愤恨要像火焚烧吗?
6 愿你把你的烈怒,倾倒在不认识你的外族人,
和不求告你名的列国身上。
7 因为他们吞吃了雅各,
使他的住处荒凉。
8 求你不要记住我们祖先的罪孽;
愿你的怜悯快快临到我们,
因为我们落到极卑微的地步。
9 拯救我们的 神啊!
求你因你名的荣耀帮助我们;
为你名的缘故,
搭救我们,赦免我们的罪。
10 为甚么容外族人说:
"他们的 神在哪里呢?"
愿我们亲眼看见你在列邦中,
使人知道你要为你仆人所流的血伸冤。
11 愿被囚的人的唉哼,达到你面前;
愿你用你的大能,使那些已定死罪的人可以存留。
12 主啊!愿你把我们邻国羞辱你的羞辱,
七倍归还在他们身上。
13 这样,我们作你的子民,作你牧场上的羊的,
要永远称谢你;
我们要世世代代述说你可称颂的事。