1 VIR die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.
2 oHere, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
6 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
10 oHere, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!
大卫的诗,交给诗班长,用"迦特"的乐器。 1 耶和华我们的主啊!
你的名在全地是多么威严,
你把你的荣美彰显在天上。
2 因你仇敌的缘故,
你从小孩和婴儿的口中,
得着了赞美"得着了赞美"或译:"建立了能力",
使仇敌和报仇的无话可说。
3 我观看你手所造的天,
和你所安放的月亮和星星。
4 啊!人算甚么,你竟记念他?
世人算甚么,你竟眷顾他?
5 你使他比天使"天使"或译:" 神"低微一点,
却赐给他荣耀尊贵作冠冕。
6 你叫他管理你手所造的,
把万物都放在他的脚下,
7 就是所有的牛羊、
田间的走兽、
8 空中的飞鸟、海里的鱼,
和海里游行的水族。
9 耶和华我们的主啊!
你的名在全地是多么威严。