Publicidade

Salmos 127

CNVS
Sonder die Here alles tevergeefs!

1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Salomo.

As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!

3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.

4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.

5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.

原文作"往上行之歌"1

本节在《马索拉文本》包括细字标题

2

使

3

4

5

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-