1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.
3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!
4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.
5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,
8 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;
9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.
12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.
14 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.
歌一首,大卫的诗,交给诗班长。 1 神啊!在锡安城里,
人们都在等候要颂赞你,
他们也要向你偿还所许的愿。
2 听祷告的主啊!
所有的人都要到你面前来。
3 罪孽胜过了我,
但我们的过犯,你都必赦免。
4 你所拣选,使他亲近你,
可以住在你院子中的人,是有福的!
愿我们因你的居所,就是你圣殿的美福心满意足。
5 拯救我们的 神啊!
你必充满威严,按公义应允我们;
你本是一切地极和海洋远处的人所倚靠的。
6 你以大能束腰,
用自己的力量坚立众山。
7 你平息了海洋的洪涛和澎湃的巨浪,
以及万民的喧哗。
8 因此,住在地极的人都因你的神迹起了敬畏的心;
你使日出和日落之地的人都欢呼歌唱。
9 你眷顾大地,普降甘霖,
使地甚为肥沃;
神的河满了水,
好为人预备五谷;
你就这样预备了大地。
10 你灌溉地的犁沟,润平犁脊,
又降雨露使地松软,
并且赐福给地上所生长的。
11 你以恩典为年岁的冠冕,
你的路径都滴下脂油,
12 滴在旷野的草场上;
群山以欢乐束腰,
13 牧场以羊群为衣,
山谷都盖满了五谷;
这一切都欢呼歌唱。