1 KOM, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
3 Want die Here is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.
4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.
5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.
6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.
7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
1 来吧,我们来向耶和华歌唱,
向拯救我们的盘石欢呼。
2 我们要来到他面前称谢他,
用诗歌向他欢呼。
3 因为耶和华是伟大的 神,
是超越众神的大君王。
4 地的深处在他手中,
山的高峰也都属他。
5 海洋属他,因为是他创造的,
陆地也是他的手造成的。
6 来吧,我们来俯伏敬拜,
在造我们的耶和华面前跪下。
7 因为他是我们的 神,
我们是他草场上的子民,
是他手下的羊群。
如果你们今天听从他的声音,
8 就不要硬着心,好象在米利巴,
就是在旷野的玛撒的日子一样。
9 在那里你们的祖先虽曾见过我的作为,
还是试探我,考验我。
10 四十年之久,我厌恶那个世代的人;
我曾说:"他们是心里迷误的人民,
不认识我的道路。"
11 所以我在忿怒中起誓,说:
"他们绝不可进入我的安息。"