1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,
2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.
3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
12 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
19 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
20 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
21 Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.
大卫的诗,交给诗班长,是大卫和拔示巴同房以后,及先知拿单来见他以后作的。本篇细字标题在《马索拉文本》为51:1~21 神啊!求你按着你的慈爱恩待我,
照着你丰盛的怜悯涂抹我的过犯。
2 求你彻底洗净我的罪孽,
洁除我的罪。
3 因为我知道我的过犯;
我的罪常在我面前。
4 我得罪了你,唯独得罪你;
我行了你眼中看为恶的事,
因此,你宣判的时候,显为公义;
你审判的时候,显为清正。
5 看哪,我是在罪孽里生的;
我母亲在罪中怀了我。
6 看哪!你喜爱的是内心的诚实;
在我内心的隐密处,你使我得智慧。
7 求你用牛膝草洁净我,我就干净;
求你洗净我,我就比雪更白。
8 求你使我听见欢喜和快乐的声音,
使你所压伤的骨头可以欢呼。
9 求你掩面不看我的罪恶,
求你涂抹我的一切罪孽。
10 神啊!求你为我造一颗清洁的心,
求你使我里面重新有坚定的灵。
11 不要把我从你面前丢弃,
不要从我身上收回你的圣灵。
12 求你使我重得你救恩的喜乐,
重新有乐意的灵支持我。
13 我就必把你的道指教有过犯的人,
罪人必回转归向你。
14 神啊!你是拯救我的 神,
求你救我脱离流人血的罪;
我的舌头就必颂扬你的公义。
15 主啊!求你开我的嘴,
使我的口宣扬赞美你的话。
16 因为你不喜爱祭物;
我就是献上燔祭,你也不喜悦。
17 神所要的祭,就是破碎的灵;
神啊!破碎痛悔的心,你必不轻看。
18 求你按着你的美意善待锡安;
求你修筑耶路撒冷的城墙。
19 那时,你必悦纳公义的祭、燔祭和全牲的燔祭;
那时,人必把公牛献在你的祭坛上。