Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 110

CNVS

Die Priesterkoning.

1 VAN Dawid. 'n Psalm.

Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.

2 U magtige septer sal die Here uitstrek uit Sion en : Heers te midde van u vyande.

3 U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe.

4 Die Here het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

5 Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.

6 Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land.

7 Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.

1

"

使"本节在《马索拉文本》包括细字标题

2 使

3

4

"

"

5

6

7

Veja também