1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!
2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.
5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
9 Ter wille van die huis van die Here onse God wil ek die goeie vir jou soek.
大卫朝圣之歌原文作"往上行之歌"。 1 人对我说:"我们到耶和华的殿那里去",
我就欢喜。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 耶路撒冷啊!
我们的脚正站在你的门内。
3 耶路撒冷被建造,
好象一座结构完整的城巿。
4 众支派,就是耶和华的支派,
都上那里去;
照着以色列的定例,
称颂耶和华的名。
5 因为在那里设有审判的宝座,
就是大卫家的宝座。
6 你们要为耶路撒冷求平安,说:
"耶路撒冷啊!愿爱你的人都亨通。
7 愿你的城墙内有平安,
愿你的宫殿中有安稳。"
8 为了我的兄弟和朋友的缘故,
我要说:"愿你中间有平安。"
9 为了耶和华我们 神的殿的缘故,
我要为你求福乐。