Gebed vir beskerming teen goddelose mense.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Red my, Here, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
4 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
5 Bewaar my, Here, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
6 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
7 Ek het tot die Here gesê: U is my God; luister tog, Here, na die stem van my smekinge!
8 Here Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
9 Here, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
10 Wat betref die hoof van die wat my omring — laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
13 Ek weet dat die Here die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.
14 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.
祈求 神保护脱离恶人阴谋
大卫的诗,交给诗班长。 1 耶和华啊!求你拯救我脱离恶人,
求你保护我脱离强暴的人。
2 他们心中图谋恶事,
整天挑启争端。
3 他们使自己的舌头尖利,如同蛇的舌头;
他们嘴里有虺蛇的毒。细拉
4 耶和华啊!求你保护我脱离恶人的手,
保护我脱离强暴的人,
因为他们图谋推倒我。
5 骄傲的人暗中布下陷阱害我,
他们在路旁张开绳索作网,
设下圈套陷害我。细拉
6 我曾对耶和华说:"你是我的 神;
耶和华啊!求你留心听我恳求的声音!"
7 主耶和华,拯救我的力量啊,
在争战的日子,你保护了我的头。
8 耶和华啊!求你不要容恶人的心愿得偿,
不要使他们的计谋成功,
免得他们自高自大。细拉
9 至于那些围困我的人,
愿他们的头被自己嘴唇的奸恶遮盖。
10 愿炭火落在他们身上;
愿他们掉在深坑里,
不能再起来。
11 愿搬弄是非的人在地上站立不住;
愿灾祸连连猎取强暴的人。
12 我知道耶和华必为困苦人伸冤,
必替穷乏人辨屈。
13 义人必称赞你的名,
正直的人必住在你面前。