Goddeloosheid van die mens.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
2 Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.
5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.
6 Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.
7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die Here die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
1 愚顽人心里说:"没有 神。"
他们都是败坏,行了可憎的事,
没有一个行善的。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 耶和华从天上察看世人,
要看看有明慧的没有,
有寻求 神的没有。
3 人人都偏离了正道,一同变成污秽;
没有行善的,连一个也没有。
4 所有作恶的都是无知的吗?
他们吞吃我的子民好象吃饭一样,
并不求告耶和华。
5 他们必大大震惊,
因为 神在义人的群体中。
6 你们要使困苦人的计划失败,
但耶和华是他的避难所。
7 但愿以色列的救恩从锡安而出;
耶和华给他子民带来复兴的时候"耶和华给他子民带来复兴的时候"或译:"耶和华把他被掳的子民带回来的时候",
雅各要快乐,以色列要欢喜。