1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 oHere, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
4 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.
5 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.
8 Want die koning vertrou op die Here, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
10 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die Here sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
11 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.
12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.
13 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.
14 Verhef U, Here, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!
1 耶和华啊!王因你的力量快乐,
因你的救恩大大欢呼。
2 他心里所愿的,你赐给了他;
他嘴唇所求的,你没有拒绝。
细拉
3 你以美福迎接他,
把精金的冠冕戴在他头上。
4 他向你求寿,你就赐给他,
就是长久的日子,直到永远。
5 他因你的救恩大有荣耀,
你又把尊荣和威严加给他。
6 你把永远的福分赐给他,
又使他因与你同在的喜乐欢欣。
7 王倚靠耶和华,
靠着至高者的慈爱,他必不至动摇。
8 你的手要搜出你所有的仇敌,
你的右手必搜出那些恨你的人。
9 你出现的时候,就要使他们像炽热的火炉;
耶和华必在他的震怒中吞灭他们,火必烧灭他们。
10 你必从地上除灭他们的子孙,
从人间除灭他们的后裔。
11 虽然他们定下恶计害你,
他们所设的阴谋却不能成功。
12 你的箭扣上弦,对准他们的脸的时候,
他们必转身而逃。
13 耶和华啊!愿你因自己的能力被尊崇,
好让我们歌唱,颂赞你的大能。