1 'n PSALM van Dawid.
Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
4 in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
5 wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
大卫的诗。 1 耶和华啊!谁能在你的帐幕里寄居?
谁能在你的圣山上居住呢?本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 就是行为完全,作事公义,
心里说诚实话的人。
3 他不以舌头诋毁人,
不恶待朋友,
也不毁谤他的邻居。
4 他眼中藐视卑鄙的人,
却尊重敬畏耶和华的人。
他起了誓,纵然自己吃亏,也不更改。
5 他不拿自己的银子放债取利,
也不收受贿赂陷害无辜;
行这些事的人,必永不动摇。