1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
3 en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
4 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die Here vertrou.
5 Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
6 Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
8 Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
10 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. Here, U weet dit.
11 U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
12 U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
13 Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
14 Laat dit U behaag, Here, om my te red; Here, maak tog gou om my te help!
15 Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
16 Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
17 Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die Here!
18 Al is ek ellendig en behoeftig — die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!
大卫的诗,交给诗班长。 1 我曾切切等候耶和华;
他转向我,听了我的呼求。
2 他把我从荒芜的坑里,
从泥沼中拉上来;
他使我的脚站在盘石上,
又使我的脚步稳定。
3 他使我口唱新歌,
赞美我们的 神;
许多人看见了,就必惧怕,
并且要倚靠耶和华。
4 那倚靠耶和华,
不转向高傲和偏向虚谎的人的,
这人是有福的。
5 耶和华我的 神啊!
你所行的奇事,并你向我们所怀的意念很多,
没有人可以和你相比;
如果我要述说陈明,
也多到不能胜数。
6 祭品和礼物不是你喜悦的。
你开通了我的耳朵;
燔祭和赎罪祭,不是你要求的。
7 那时我说:"看哪!我来了,
经卷上已经记载我的事;
8 我的 神啊!我乐意遵行你的旨意;
你的律法常在我的心里。"
9 我要在大会中传扬公义的福音;
我必不禁止我的嘴唇;
耶和华啊!这是你知道的。
10 我没有把你的公义隐藏在心里;
我已经述说了你的信实和救恩;
在大会中,我没有隐瞒你的慈爱和诚实。
11 耶和华啊!求你的怜悯不要向我止息;
愿你的慈爱和诚实常常保护我。
12 因有无数的祸患围绕着我;
我的罪孽追上了我,使我不能看见;
它们比我的头发还多,
以致我心惊胆战。
13 耶和华啊!求你开恩搭救我;
耶和华啊!求你快来帮助我。
14 愿那些寻找我,要毁灭我命的,
一同抱愧蒙羞;
愿那些喜悦我遭害的,
退后受辱。
15 愿那些对我说:"啊哈!啊哈!"的,
都因羞愧而惊惶。
16 愿所有寻求你的,
都因你欢喜快乐;
愿那些喜爱你救恩的,
常说:"要尊耶和华为大。"
17 至于我,我是困苦贫穷的;
主仍顾念我。
你是我的帮助,我的拯救;
我的 神啊!求你不要耽延。