1 'n GEBED van Dawid.
Here, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.
2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.
4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.
5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
6 Here, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.
7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.
8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.
9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.
11 Leer my, Here, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.
12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;
13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.
15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.
16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o Here, my gehelp en getroos het.
大卫的祷告。 1 耶和华啊!求你留心听我、应允我,
因为我是困苦贫穷的。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 求你保护我的性命,因为我是虔诚的人;
我的 神啊!求你拯救这倚靠你的仆人。
3 主啊!求你恩待我,
因为我终日向你呼求。
4 主啊!求你使你的仆人心里欢喜,
因为我的心仰望你。
5 主啊!你是良善,又乐意饶恕人的,
向你呼求的,你都以丰盛的慈爱待他们。
6 耶和华啊!求你侧耳听我的祷告,
留心听我的恳求。
7 在我遭难的日子,我要求告你,
因为你必应允我。
8 主啊!在众神之中,没有能和你相比的,
你的作为也是无可比拟的。
9 主啊!你所造的万国都要来,在你面前下拜,
他们必荣耀你的名。
10 因为你是伟大的,并且行奇妙的事,
只有你是 神。
11 耶和华啊!求你把你的道路指教我,
使我行在你的真理中,
专心敬畏你的名。
12 主我的 神啊!我要满心称赞你,
我要永远荣耀你的名。
13 因为你向我大施慈爱,
你救了我的命,免入阴间的深处。
14 神啊!骄傲的人起来攻击我,
一群强暴的人寻索我的性命,
他们不把你放在眼内。
15 但是,主啊!你是有怜悯有恩典的 神,
你不轻易发怒,并且有极大的慈爱和信实。
16 求你转向我,恩待我;
把你的能力赐给你的仆人,
拯救你婢女的儿子。
17 求你向我显出恩待我的记号,
好使恨我的人看见了,就觉得羞愧;
因为你耶和华帮助了我,安慰了我。