Hef op julle hoofde, o poorte!
1 'n PSALM van Dawid.
Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
2 want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.
3 Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?
4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
5 Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.
6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela.
7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
8 Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd.
9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
10 Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.
耶和华是荣耀的王
大卫的诗。 1 地和地上所充满的,
世界和住在世上的,都是属于耶和华的。本节在《马索拉文本》包括细字标题
2 因为他把地奠定在海上,
使世界安定在众水之上。
3 谁能登上耶和华的山?
谁能站在他的圣所中呢?
4 就是手洁心清的人,
他不倾向虚妄,
起誓不怀诡诈。
5 他必领受从耶和华来的福分,
也必蒙拯救他的 神称他为义。
6 这就是求问耶和华的那一类人,
就是寻求你面的雅各。细拉
7 众城门哪!抬起你们的头来;
古老的门户啊!你们要被举起,
好让荣耀的王进来。
8 那荣耀的王是谁呢?
就是强而有力的耶和华,
在战场上大有能力的耶和华。
9 众城门哪!抬起你们的头来;
古老的门户啊!你们要被举起,
好让荣耀的王进来。
10 那荣耀的王是谁呢?
万军之耶和华,他就是那荣耀的王。细拉