1 Ko wai i whakapono ki tā mātou kōrero;
i whakaaturia rānei ki a wai te ringaringa o Ihowā?
2 Ka tupu ake hoki ia ki tōna aroaro ānō he rākau wana,
me te pakiaka hoki i te oneone maroke.
Kāhore ōna āhuareka, kāhore hoki he pai; ā, ka titiro tātou ki a ia,
tē ai he ātaahua e minamina ai tātou ki a ia.
3 I whakahēngia, i whakakāhoretia ia e te tangata;
he tangata pōuri, kua mōhio hoki ki te tangi;
ā, i āhua huna ngā kanohi ki a ia;
i whakakāhoretia, kīhai hoki tātou i whakaaro ki a ia.
4 He pono, nāna ō tātou mate i pīkau,
nāna hoki i waha ō tātou pōuri;
ko tātou ia i mea, i tukitukia,
i patua ia e te Atua, i whakawhiua.
5 Kāhore, i werohia ia mō ō tātou hē,
i kurua mō ō tātou kino;
nōna te whiunga i mau ai tō tātou rongo,
kei ōna kārawarawa hoki he rongoā mō tātou.
6 Ko tātou katoa, ānō he hipi, kua marara kē,
kua anga atu tātou ki tōna ara, ki tōna ara;
nā Ihowā ia i mea kia tau iho ki a ia
te kino o tātou katoa.
7 I tūkinotia ia, i whakawhiua;
heoi kīhai i kuihi tōna māngai;
ānō he reme i ārahina ia kia patua,
me te hipi hoki i te aroaro o ōna kaikutikuti e wahangū ana,
kīhai i kuihi tōna waha.
8 Nā te tūkino, nā te whakawā, tangohia atu ana ia.
Tēnā ko tōna whakatupuranga,
ko wai o rātou i whakaaro kua wehea atu ia i te ao ora?
He mahi hē hoki nā tāku iwi i patua ai ia.
9 Ā, ka whakaritea hei te hunga kino he urupā mōna;
i te tangata taonga ia i tōna matenga;
ahakoa kāhore āna mahi tutū,
kāhore anō he tinihanga i tōna māngai.
10 Otiia, i pai hoki a Ihowā kia kurua ia; nāna ia i mea kia mamae.
Ina meinga e koe tōna wairua hei whakahere mō te hē,
ka kite ia i tōna uri, ka whakaroa i ōna rā,
ā, ko tā Ihowā i pai ai ka āta oti i a ia.
11 Ka kite ia i tā tōna wairua i uaua ai, ā, tatū ana te ngākau;
mā te mōhio ki a ia ka whakatikaia ai
te tini e tāku pononga tika;
māna hoki ō rātou kino e waha.
12 Mō reira ka hoatu e ahau he wāhi mōna i roto i ō te hunga nui,
ā, ka tū ngātahi ia me te hunga kaha i te taonga;
mō tōna wairua i ringihia e ia ki te mate,
ā, i taua ngātahitia me ngā poka kē;
nāna hoki ngā hara o te tini i waha,
nāna i wawao ngā poka kē.
1 WIE het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
2 Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.
3 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.
4 Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote — wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.
10 Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.
12 Daarom sal Ek Hom 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.