1 'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

2 En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

3 Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.

4 En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.

5 Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink n oor die werk van u hande.

6 Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

7 Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.

8 Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.

9 Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek.

10 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.

11 o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.

12 En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.

1 耶和华啊! 求你听我的祷告, 留心听我的恳求, 凭你的信实和公义应允我。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 求你不要审判你的仆人, 因为凡活着的人, 在你面前没有一个是义的。

3 仇敌逼迫我, 把我压倒在地, 使我住在黑暗之处, 像死了很久的人一样。

4 因此我的灵在我里面软弱, 我的心在我里面战栗。

5 我追念以往的日子, 默想你的一切作为, 沉思你手所作的。

6 我向你伸出双手, 我的心渴想你, 好像干旱的地盼望雨水一样。(细拉)

7 耶和华啊! 求你快快应允我, 我的心灵已经衰竭, 求你不要向我掩面, 免得我像那些下坑的人一样。

8 求你使我清晨得闻你的慈爱, 因为我倚靠你。求你指示我当走的路, 因为我的心仰望你。

9 耶和华啊! 求你救我脱离我的仇敌, 我往你那里藏身。

10 求你教我遵行你的旨意, 因为你是我的 神; 愿你至善的灵引导我到平坦的地。

11 耶和华啊! 求你为你名的缘故使我存活, 按着你的公义把我从患难中领出来。

12 求你因你的慈爱使我的仇敌灭绝, 求你消灭所有苦害我的人, 因为我是你的仆人。